225 g swoerdlose, repies spek
6 eetlepels brandewyn
1 kg gemaalde kalfslewer
225 g gemaalde varklewer
2 geklitste eiers
4 eetlepels room
2 eetlepels suurlemoensap
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
1 droë rissie, verkrummel
sout
varsgemaalde swartpeper
100 g hoenderlewers, opgesny en gebraai vir ’n minuut tot dit kleur kry
Voer ’n groot pateebak uit met meeste van die spek.
Sprinkel 2 eetlepels brandewyn daaroor.
Meng die res van die brandewyn met die lewers, die eiers, room, suurlemoensap, knoffel, rissie en sout en peper na smaak.
Plaas die helfte van die mengsel in die pateebak.
Plaas die hoenderlewers in die middel van die vleismengsel in die bak.
Maak toe met die res van vleismengsel.
Bedek met enige oorblywende spek.
Bedek die bak met foelie, laat dit staan in ’n bak warm water en bak in ’n 160ºC oond vir 2 ure.
Plaas gewig op die bokant van die patee terwyl dit afkoel.
Laat dit oornag so in ’n yskas.

No comments :
Post a Comment