Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/14/2010

Vlatert / Custard Tart

Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n 36 cm x 26 cm oondbak met botter.

Stroop:

360 ml suiker
2 kaneelstokkies
5 ml suurlemoensap
375 ml water
Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water vir sowat 10 minute tot dik en stroperig.
Laat afkoel.

Haal kaneelstokkies uit voordat stroop oor die tert gegiet word.

Vulsel:
1,5 liter melk
180 ml suiker
250 ml botter
skil van 1 lemoen in repies, gesny
200 ml semolina (Tasty Wheat)
6 eiergele, geklits

Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor matige hitte. Voeg semolina by net voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla dik en romerig is.
Haal van stoof af.
Laat effens afkoel voordat die geklitste eiergele bygevoeg word.
Haal die lemoenskil uit.

Kors:
500 g filodeeg
100 ml botter, gesmelt
12,5 ml kaneelsuiker

Sit ‘n vel filodeeg filodeeeg in die bak sodat die boom en kante bedek is.
Verf die deeg met gesmelte botter.
Herhaal die proses met nog 6 velle filodeeg.

Skep die vlavulsel op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat elkeen met botter geverf is.

Sny 2 velle filodeeg in dun repies.
Versprei die repies oor die filobolaag en sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en kaneelsuiker oor.
Bak vir 45 - 50 minute tot goudbruin.

Giet die koue suikerstroop oor warm die tert.

Sny in vierkante en sit louwarm voor.

No comments :

Post a Comment