Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/12/2010

Terrien de Canard à l’Orange

Hierdie klassieke, Franse gereg is gewoon eend gemarineer in alkohol en dan bedek in ’n vleismengsel.

die vleis van die bors van 1 eend, opgesny in lang repe, 6 mm breed
die res van die eendevleis
4 eetlepels brandewyn
4 eetlepels Noilly Prat (of droë vermoet)
4 eetlepels madeirawyn (of port)
4 eetlepels lemoensap
½ ui, fyn opgesny
½ teelepel gedroogde tiemie
½ teelepel gedroogde boontjiekruid
1 teelepel gerasperde lemoenskil
1 teelepel fyngekapte, vars pietersielie
2 lourierblare, verkrummel
sout
varsgemaalde swartpeper
’n gedroogde rissie, fyngemaal
100 g eendelewer, in blokkies gesny
100 g kalfsvleis, in blokkies gesny
100 g varkvleis, in blokkies gesny
1 geklitste eier
50 g varkvet
skyfies lemoen vir garnering
’n bietjie vleisjellie (aspiek) poeier, aangemaak en daarna gegeur met 2 eetlepels madeirawyn (of port).

Marineer die eend oornag in die brandewyn, Noilly Prat, madeirawyn, lemoensap, uie, tiemie, boontjiekruid, lemoenskil, pietersielie, lourierblare, sout, peper en rissie.

Die volgende dag verwerk jy die res van die eend en die ander soorte vleis tot ’n patee in ’n voedselverwerker.

Gooi die vloeistof van die gemarineerde eend af en roer dit saam met die geklitste eier by die maalvleis.
Geur met sout en peper.

Smeer ’n terrienbak met die varkvet en druk die helfte van die patee daarin vas.
Lê die repies gemarineerde eend daarop en plaas die res van die patee daaroor.

Bedek die terrien, plaas dit in ’n bak warm water en plaas in ’n oond wat verhit is tot 180ºC vir 1½ uur.

Haal die terrien uit die oond en plaas gewig op die bokant van die gereg, terwyl dit afkoel.

Verwyder die dis uit die terrienbak, plaas in ’n skoon opdienbord, garneer met lemoenskyfies en bedek alles met die aspiek.

Laat dit oornag stol in die yskas.

No comments :

Post a Comment