225 g droë haricotbone, oornag geweek
1,5 liter koue water
sout
varsgemaalde swartpeper
4 eetlepels olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 eetlepels vars, gekapte pietersielie
Week die boontjies oornag in koue water.
Dreineer die boontjies en plaas in ’n soppot saam met die koue water.
Bring tot kookpunt en laat liggies prut vir 3 ure.
Verwyder die helfte van die boontjies en verwerk tot fyn in ’n voedselverwerker.
Plaas dit terug in die pot.
Geur die sop met sout en varsgemaalde swartpeper.

Gooi die pietersielie by die knoffel, meng vinnig en gooi alles by die sop.
Hierdie sop moet baie warm bedien word.
(hierdie resep is genoeg vir 6 persone)
(foto Domitilla Ferrari)
No comments :
Post a Comment