A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
- haai (shark)
- ’n Roofsugtige seevis.
- haakmes
- ’n Mes waarvan die lem aan die snykant na binne gebuig is.
- haan
- ’n Ongekastreerde, manlike hoender.
- haarskaap
- ’n Skaap met hare in plaas van wol.
- haas (hare)
- ’n Grysbruin knaagdier met 'n pels, gesplete bolip, kort stert, lang ore en lang agterbene. Dit kan ook die sagte stuk vleis aan die binnekant van ’n dier se rugstring net agter die niere wees.
Haas resep - haché(e) [ha-sjy]
- Frans vir “gemaal” en “fyngekap”.
- hachis [ha-sjie]
- Frans vir “maalvleis”.
- haddie
- ’n Skotse naam vir skelvis.
- haggis
- ’n Tradisionele Skotse gereg gemaak van hart, longe en lewer van ’n skaap of kalf. Die bestanddele word in die maagsak van die skaap gestop en gekook.
Haggis - haksel
- ’n Vleisgereg gemaak van die fyngemaalde harslag van ’n skaap of bok. Dit word gegeur met suurlemoen, uie en asyn.
- hakskeenbeen
- Die skenkelbeen by laere diere soos skape en bokke.
- halaal
- Kos berei volgens Moslem-koswette. (halal)
- halal
- Kos berei volgens Moslem-koswette. (halaal)
- halfdroog
- Wyn wat 4 tot 12 g/l suiker bevat.
- halfgaar (parboiled)
- Nie heeltemal gaar nie.
- halfgebak
- Nie heeltemal gebak nie.
- halfkoppie
- Die hoeveelheid wat ’n normale koppie tot by sy helfte volmaak.
- halflepel
- Die hoeveelheid wat ’n normale eetlepel tot by sy helfte volmaak.
- halfkoord
- ’n Groterige soort makriel, Seriolo lalandei met ’n gelerige stert. (albakoor)
- halfrou
- Nie heeltemal gaar nie.
- halfsoet (semi-sweet)
- Wyn wat 4 tot 30 g/l suiker bevat.
- halloumi
- Halloumi is ’n kaas, tradisioneel gemaak op die eiland Ciprus, wat deel is van Griekeland. Dit is oorspronklik gemaak van ’n mengsel van bok- en skaapmelk, maar vandag word koeimelk ook gebruik.
- halva
- ’n Baie klewerige Midde-Oosterse lekker gemaak van suiker, heuning, neute, sesamsaad, botter en meel. (halvah)
- halvah
- ’n Baie klewerige Midde-Oosterse lekker gemaak van suiker, heuning, neute, sesamsaad, botter en meel. (halva)
- ham
- ’n Varkboud wat in sout en salpeter gepekel en liggies gerook is of met rookgeursel behandel is.
- hamburger
- ’n Amerikaanse Broodrolletjie gevul met gemaalde vleis met of sonder ander bestanddele.
Vis-hamburger - hamel
- ’n Manlike skaap wat gekastreer is.
- handtertjie (tartlet)
- ’n Klein tertjie wat met die hand geëet word en nie met ’n vurkie nie.
- hanekam
- ’n Geel, eetbare, bekervormige sampioen, Catharellus cibarius. (dooierswam, kantarel)
- hanekloot
- Hanekloot is ’n tafeldruifsoort met ’n groot korrel wat gebruik word vir wyn en die maak van rosyntjies. Die naam is geïnspireer deur die vorm van die korrels (kloot = "testikel").
- hanepoot
- ’n Tafeldruifsoort met ’n groot korrel wat gebruik word vir wyn en die maak van rosyntjies. Die oorspronklike benaming was vroeër hanekloot.
- hang
- Die proses waardeur vleis of wild sag gemaak word deur dit in ’n koel droë plek op te hang.
- hangroos
- ’n Toestel wat voor ’n vuur staan en waarin kos gehang word om te rooster.
- Hangtown fry
- Amerikaanse oesters gedoop in eier en meel en dan in olie gaargemaak.
- happie (morsel)
- Iets ligs of kleins om te eet.
- harde bal
- ’n Stadium in die kook van suiker wanneer die stroop die temperatuur van 121° - 130°C bereik en ’n harde bal vorm wat nie platgedruk kan word nie.
- harde koring (hard wheat)
- Koring met ’n hoë gluten-inhoud en ’n harde kern wat gebruik word vir die maak van pasta en brood.
- harde kraak
- ’n Stadium in die kook van suiker wanneer die mengsel die temperatuur van 149° - 159°C bereik en bros drade vorm.
- harde versiersel (royal icing)
- Versiersel wat gemaak word met versiersuiker, eierwit en suurlemoensap of asyn.
- hardehout
- Spiritualieë, veral brandewyn.
- harder
- Enigeen van verskeie soorte eetbare seevisse. (springer)
Gepekelde harder - hardgebak
- So lank gebak dat dit hard word.
- hardgekook
- So lank gekook dat dit hard is.
- hareng [a-rihn]
- Frans vir “haring”.
- haricot [a-rie-koo]
- ’n Ragoût van groente en vleis.
- haricot de mouton [a-rie-koo de moe-toh]
- ’n Franse skaapvleisbredie met botterbone.
- haricot rouge [a-rie-koo roozj]
- Frans vir ’n niertjieboon.
- haricot sec [a-rie-koo sek]
- Frans vir ’n droë boontjie.
- haricotboontjie
- Haricot is ’n Franse variëteit van die gewone groenbone met ’n ligter kleur, gewoonlik wit, bruin of geel.
- haring
- ’n Eetbare seevis, Clupea harengus, wat in die noordelike Atlantiese Oseaan voorkom.
Haring en aartappel slaai - Harissa
- ’n Midde-Oosterse smeer wat gemaak word van rissies, knoffel, komyn, koljander, karwy en olyfolie.
Harissa - harlequin [aar-le-kih]
- Frans vir verskillende kleure roomys wat in lae gevries is.
- harsings (brains)
- Die brein van ’n kalf, skaap, vark of bees. Skaap is die gewildste in Suid-Afrika.
- harslag
- Die ingewande van ’n geslagte dier, wat in die borsholte voorkom.
- hart
- Die orgaan van ’n gewerwelde dier wat die bloedsomloop aan die gang hou.
- hartbees
- Enigeen van twee wildsboksoorte van die geslag Alcelaphus.
- hartebees
- Enigeen van twee wildsboksoorte van die geslag Alcelaphus.
- Harvard beet
- Gekookte beet in ’n sous van botter, mielieblom, asyn en suiker.
- hartverkwikkertjie
- ’n Drankie wat mense glo die hart versterk.
- hartversterkertjie
- ’n Drankie wat mense glo die hart versterk.
- haselneut
- ’n Klein, ronde neut met 'n soet smaak. (filbert)
- Hasenpfeffer
- Duitse konynbredie gemaak van konyn gemarineer in wyn of asyn.
- hash
- ’n Engelse gereg gemaak van oorskietkos.
- hash brown potatoes
- Amerikaanse gekookte, gekapte en gegeurde aartappels, stewig saamgedruk en in ’n pan gebraai.
- hasjee
- ’n Vleisgereg van gemaalde harslag sonder die lewer. Die woord is afkomstig van die Franse woord hachee wat "gekap" beteken.
- hasjie
- ’n Vleisgereg van gemaalde harslag sonder die lewer. Die woord is afkomstig van die Franse woord hachee wat "gekap" beteken.
- hasjisj
- Die woord is van Arabiese oorsprong. Dit beskryf ’n Oosterse verdowingsmiddel wat verkry word van die makdaggaplant. Dit word gerook, gekou of in ’n drankie gebruik.
- haupia [hou-pee-a]
- ’n Hawaiiese nagereg gemaak met klapper.
- haute cuisine [ôt kwi-zien]
- Die Franse woord vir die fyn kuns om kos te berei en gaar te maak.
- Havarti
- ’n Semi-sagte kaas met ’n romerige smaak. Die smaak raak skerper met veroudering.
- hawer
- ’n Graansoort.
- hawerkorrels
- Graankorrels wat gebruik word vir die maak van hawermeel en meelblom.
- hawermeel
- Grofgemaalde hawerkorrels. Dit word veral gebruik vir pap.
- hawermeelkoek
- Koek gemaak van hawermeel.
- hawermout
- Voedsel berei van hawerkorrels.
- hawerwortel (salsify)
- ’n Dun wit wortel soortgelyk aan ’n witwortel. Dit smaak amper soos ’n oester. (boksbaard)
- heelstukkonfyt (sweetmeat)
- Versuikerde vrugte of neute. (suikergoed)
- heelvyekonfyt
- Vyekonfyt waarin die vrugte nog heel is.
- heerboontjies
- Enigeen van ’n paar soorte boontjies wat as slaai- of sousboontjies gebruik kan word.
- heilbot (halibut)
- ’n Groot plat vis, Hippoglossus vulgaris wat in die noordelike seë aangetref word.
- Hemel en Aarde (Himmel und Erde [himmel oent ehr-de])
- ’n Duitse appel- en aartappelgereg met uie, spek en neutmuskaat bo-oor. Dit word tradisioneel voorgesit saam met bloedwors.
- hen
- ’n Vroulike hoender.
- herderpastei (sheperd’s pie / cottage pie)
- ’n Vleisgereg wat bestaan uit gemaalde vleis en met ’n laag fyngemaakte aartappels bedek en in die oond gebak is.
Herderpastei resep - herderspastei (sheperd’s pie / cottage pie)
- ’n Vleisgereg wat bestaan uit gemaalde vleis en met ’n laag fyngemaakte aartappels bedek en in die oond gebak is.
Herderspastei resep - hereboontjies
- Enigeen van ’n paar soorte boontjies wat as slaai- of sousboontjies gebruik kan word.
- hermit
- ’n Engelse resep vir ’n soet spesery-koekie wat neute en rosyne bevat.
- hermitage
- ’n Swart druifsoort waarvan soet en droë wyn gemaak word. Dit is vernoem na ’n bouval op 'n heuwel naby Valence in Frankryk. Daar word gemeen die bouval was ’n kluisenaarshut. (hermityk)
- hermityk
- ’n Swart druifsoort waarvan soet en droë wyn gemaak word. Dit is vernoem na ’n bouval op 'n heuwel naby Valence in Frankryk. Daar word gemeen die bouval was ’n kluisenaarshut. (hermitage)
- Hertzog-koekies
- ’n Suid-Afrikaanse handtertjie gevul met appelkooskonfyt en bedek met ’n mengsel van eierwit, klapper en suiker. (Hertzoggies)
Hertzog-koekies resep - Hertzoggies
- ’n Suid-Afrikaanse handtertjie gevul met appelkooskonfyt en bedek met ’n mengsel van eierwit, klapper en suiker. (Hertzog-koekies)
Hertzoggies resep - Heston Blumenthal
- Heston Blumenthal word geassosieer met molukulêre gastronomie. Blumenthal besit die bekende The Fat Duck restaurant in Bray, Engeland. (2006)
- heuning
- ’n Dik, soet, ligbruin stroop wat bye in hul liggame berei uit die sap wat hulle uit blomme en vrugte suig, en in selle van heuningkoeke opgaar as voedsel vir hul larwes.
- heuningbier
- ’n Alkoholiese drank gemaak van heuning.
- heuningdrank
- ’n Alkoholiese drank gemaak van heuning.
- heuninggraat
- Die hangende bousel van was in ’n bynes, bestaande uit seskantige selle waarin die bye die heuning opberg.
- heuningkoek
- Die hangende bousel van was in ’n bynes, bestaande uit seskantige selle waarin die bye die heuning opberg.
- heuningpot
- Die potjie waarin die heuning aan tafel bedien word.
- heuningtee
- Enigeen van verskeie bossies van die geslag Cyclopia van die Suidwes-Kaap waarvan bossiestee gemaak word. Dit verwys ook na die tee self.
- hibachi
- ’n Draagbare houer waarin vuurgemaak word sodat jy kos daaroor kan gaarmaak.
- hickory
- Een van ’n groep Noord-Amerikaanse bome wat ’n harde eetbare neut dra. Dit is familie van die okkerneut.
- hidreer
- Die proses waardeur iets met water verbind word.
- hidrolisaat
- Enige produk wat deur hidrolise ontstaan.
- hidrolise
- Die chemiese ontbinding van 'n stof deurdat een van sy elemente met een van water verbind.
- hisop (hyssop)
- ’n Struik met blomme wat lekker ruik en gebruik word om kos mee te geur.
- hoemoes
- ’n Griekse mengsel met fyngemaakte kekerertjies. (sesamsaadpasta)
- hoender
- ’n Makgemaakte voëlsoort, Gallus domesticus, wat deur die mens aangehou word om hulle vleis en eiers.
Verbruinde hoender resep - hoenderborsie
- Die bors van ’n hoender as ’n porsie vleis.
- hoenderbraaiery
- ’n Geleentheid waarop hoenders vir gaste gebraai word - gewoonlik in die ope lug.
- hoenderhaan
- ’n Ongekastreerde, manlike hoender.
- hoenderhen
- ’n Vroulike hoender.
- hoenderkop
- Die kop van ’n hoender.
- hoenderpoot
- Die poot van ’n hoender.
Hoenderpoot resep - Hoisin-sous
- ’n Dikkerige bruin, soet en speseryagtige sous met ’n sojabasis uit die Oosterse kookkuns.
- Hollandaise-sous [o-lan-dêz]
- ’n Franse sous gemaak van eiergeel, botter, asyn of suurlemoensap, en geurmiddels.
Hollandaise-sous resep - holoturium
- Dit is ’n wurmagtige seedier. Dit word in die Ooste as ’n lekkerny beskou. (seekomkommer)
- hongertee
- ’n Tee gemaak van die struik Heyssera graphalioides.
- holpoffers
- Hol muffins wat gemaak word van dieselfde beslag as Yorkshire-poeding.
- Holstein-sous
- ’n Sous gemaak van eier en witwyn.
- homard [oo-maar]
- ’n Franse woord vir “kreef”.
- homogeniseer
- Die proses waardeur die room- of bottervet-inhoud van melk opgebreek word en eweredig versprei word.
- homogenisering
- Die proses waardeur die room- of bottervet-inhoud van melk opgebreek word en eweredig versprei word.
- Hongaarse sous
- ’n Sous berei met sout, uie, paprika, wit wyn en ’n bouquet garni.
- Honoré de Balzac
- Franse skrywer en redakteur van verskeie gastronomiese tekste, byvoorbeeld Le Gastronome français ou l’Art de bien vivre (1828) en Physiologie gastronomique (1830).
- hoofdis
- Dit is die belangrikste gang van die maaltyd. (hoofgereg)
- hoofgereg
- Dit is die belangrikste gang van die maaltyd. (hoofdis)
- hoofkaas (headcheese)
- Hoofkaas is 'n koue, jellieagtige Amerikaanse gereg wat gemaak word van die afkooksel van die kop en pote van diere. (sult)
- hooikis (haybox)
- ’n Kis gevul met hooi of ander soort materiaal waarin kos geplaas word om gaar te word nadat dit tot kookpunt gebring is.
- hop
- ’n Plant, Humulus lupulus, waarvan die vroulike bloeiwyse gebruik word in bierbereiding of slaaie.
- hopbier
- Bier wat onder andere met hop berei is.
Hopbier resep - hopbrood
- Brood wat met hopsuurdeeg gebak is.
- hopsuurdeeg
- Suurdeeg waarby hopwater gevoeg.
- hopwater
- Water waarin hop gekook en getrek is.
- horingbek
- ’n Skertsende manier om na ’n hoender te verwys.
- horingblom (unicorn plant)
- ’n Rankplant met klein krom vruggies wat gewoonlik gepiekel word. (snawelvrug)
- hors d’oeuvre [ô de-uwr]
- Franse woord vir die eerste gang van ’n maal, veral middagete, sop word by die aandete bedien. Die gereg is gewoonlik lig, delikaat en mooi versier. Die kleinbordjies waarin hors d’oeuvres aangebied word is normaalweg langwerpig of vierkantig.
- hors d'oeuvre à la russe
- Die Russiese manier van voorgeregte bedien wat deur die Franse aangepas is vir eie gebruik. ’n Verskeidenheid hors d’oeuvres op kleinbordjies word op skinkborde vir die gaste aangebied.
- horsmakriel
- Enigeen van ’n familie stekelrige visse wat in warm seë voorkom.
- hostie
- Offerbrood wat by die misoffer en die Heilige Kommunie van die Rooms-Katolieke Kerk bedien word. (misbrood, oblaat)
- hotnotjie
- Enigeen van ’n paar soorte kleinerige visse van die geslag Pachymetopon, wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. ook genoem hottentot. (hottentot, hotnotsvis)
- hotnotjie-onder-die-kombers
- ’n Stuk vleis in deeg gebak. (nooientjie-in-die-kombers, oumeid-onder-die-kombers, ouvrou-onder-die-kombers)
- hotnotshoender
- ’n Hoender van geen bepaalde ras nie.
- hotnotsny
- ’n Dik sny brood.
- hotnotsvis
- Enigeen van ’n paar soorte kleinerige visse van die geslag Pachymetopon, wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. ook genoem hottentot. (hottentot, hotnotjie)
- hotnotsvy
- Die vrug van die kruipende vetplant Carpobrotus edulis. (hottentotsvy, suurvy)
- hotom
- ’n Stywe pap gemaak deur meel stadig in ’n kokende pot water met vet te gooi en dit (hot om) te roer. (hotompap)
- hotompap
- ’n Stywe pap gemaak deur meel stadig in ’n kokende pot water met vet te gooi en dit (hot om) te roer. (hotom)
- hottentot
- Enigeen van ’n paar soorte kleinerige visse van die geslag Pachymetopon, wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. (hotnotjie, hotnotsvis)
- hottentotsvy
- Die vrug van die kruipende vetplant Carpobrotus edulis. (hotnotsvy, suurvy)
- houmous
- Lees hummus.
- housmous v’tehina
- Lees hummus.
- houtappel (crab apple)
- ’n Klein suur rooi of geel vrug wat gewoonlik gebruik word vir konfyt.
- houtsnip (woodcock)
- ’n Gesogte wilde voel wat gewild is in die Franse kookkuns.
- hubbardpampoen (Hubbard squash)
- ’n Pampoensoort, Curcubita maxima, met geel of groen vrugte. (hubbardskorsie, Hubbard-pampoen)
- hubbardpampoen (Hubbard squash)
- ’n Pampoensoort, Curcubita maxima, met geel of groen vrugte. (hubbardskorsie, Hubbard-pampoen)
- hubbardskorsie (Hubbard squash)
- ’n Pampoensoort, Curcubita maxima, met geel of groen vrugte. (hubbardpampoen, Hubbard-pampoen)
- hummus [ghoe-moes]
- Hummus is ’n Arabiese sous met kekerertjies as hoofbestanddeel.
- huile [eeul]
- Frans vir “olie”.
- huishoudkunde
- Die wetenskap van huisbestuur, voedselbereiding en verwante areas.
- huishoudkundige
- Iemand wat opgelei is in die huishoudkunde.
- huitre [eeu-tr]
- Frans vir “oester”.
- hutspot (hotchpotch, hotpot, hodgepodge)
- ’n Hutspot is ’n mengelmoes van kosse wat saam gestoof word as ’n gereg. (tjou-tjou)
Wynwoordeboek
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
No comments :
Post a Comment