Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/17/2010

Kool frikkadelle

1 groot koolkop
1 pak spekvleis, gesnipper
3 uie, fyngekap
250 g sampioene
1 kg maalvleis
sout en peper
speserye vir vleis
2 ekstra groot eiers
250 ml witwyn

Voorverhit die oond tot 180ºC, en smeer 'n oondbak.
Trek die buiteblare van die koolkop af en kook die hele koolkop ongeveer 10 minute lank in kokende soutwater totdat die blare net sag is.
Verwyder van die hitte en laat staan in water tot effens afgekoel.

Braai die spekvleis, sampioene en uie tot net gaar.
Skep onder in die oondbak.

Meng die maalvleis, sout en peper en speserye na smaak met die eiers en vorm frikkadelle.
Rol elke frikkadel in een of twee koolblare toe en rangskik op die spekmengsel.
Herhaal tot alles opgebruik is.
Giet die wyn oor, bedek met foelie en bak ongeveer 1 uur tot die frikkadelle gaar is.
Verwyder die foelie 10 minute voor die baktyd verstreke is.

(die resep is genoeg vir 8 persone)

2 comments :

  1. Anonymous21/8/10 18:40

    Annie se : " Hier sit ons toe, 4 Suid-Afrikaners in die verrre noorde van Kanada, en verlang huis toe. Juis die oggend 'n heerlike vars koolkop persent gekry. Man, het ons gesmul aan die heerlike koolfrikkadelle!!
    Ek het dit as kind leer ken by name Ouvrou-onder-die-kombers. In Kanada noem hulle dit Pig in the basket. Enige ander mooi beskrywende Afrikaanse name? Die spek en wyn is 'n moderne toevoegsel, en na ons mening puik! "

    ReplyDelete
  2. In Amerika, pig in a blanket.

    ReplyDelete