Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/20/2010

Wildsvleis met droë vrugte

1,5kg wildsvleis, met bene in stukke gesaag

Marinade:
500 ml rooiwyn
4 knoffelhuisies, gekneus
10 ml gedroogde gemengde kruie
100 ml olie
30 ml bruinsuiker
15 ml Worcestersous

50 ml botter
2 uie
1 wortel, gerasper
2 selderystingels, gekap
3 lourierblare
6 heel naeltjies
6 wonderpeperkorrels
50 ml vars suurlemoensap
500 ml vleisaftreksel
250 ml rooiwyn
500 g droëvrugte
50 ml maroela-jellie

Marineer vleis twee dae lank in die aangemaakte marinade.

Verwyder die vleis uit die marinade en behou die vloeistof.

Verhit botter en braai uie, wortel en seldery in ’n swaarboompot.

Braai die vleis bruin en plaas in ’n kasserol.
Skep die uie- en wortelmengsel bo-op.
Gooi die marinade oor.
Voeg die lourierblare, naeltjies, wonderpeperkorrels en suurlemoensap by.
Geur goed na smaak met aromat, sout en vars gemaalde peper.
Plaas in oond en prut 3 uur lank by 160ºC.
Vul vloeistof aan met rooiwyn en vleisaftreksel soos benodig.

Vir ekstra geur kan 250 ml room bygeroer word net voordat dit voorgesit word.

No comments :

Post a Comment