Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/28/2010

Gebraaide jakopewer met kappertjiesous

8 filette jakopewer, los die vel aan
meel
olyfolie
80 g botter
60 mℓ kappertjies
30 mℓ suurlemoensap
60 mℓ witwyn
15 mℓ dille, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Sout en peper die vis en strooi liggies meel oor.

Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die vis bros met die vel na onder.
Draai die filette om en braai tot gaar.
Verwyder die vis uit die pan.

Smelt die botter in dieselfde pan en braai die kappertjies tot bros.
Voeg die res van die bestanddele en kook vir 2 minute.

Gooi die sous oor die vis en bedien.

No comments :

Post a Comment