Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/23/2010

Polpette di pesce / Visfrikkadelle

Jy gaan hierdie Italiaanse gunsteling weer en weer maak.

700 g gevriesde vis, ontdooi, die oortollige water uitgedruk en die vis in stukke gebreek
180 mℓ broodkrummels
1 eier, geklits
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 mℓ vars, gekapte pietersielie
180 mℓ gerasperde parmesan
125 mℓ witwyn
knypie neutmuskaat
sout
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle saam. Voeg meer wyn by indien die mengsel te droog lyk.

Rol frikkadelle van die mengsel en bestrooi dit met meel.

Verhit olyfolie in ’n pan en braai die vis tot goudbruin.


Jy kan die vis bedien met ’n Italiaanse tamatiesous. Gooi dit sommer in die warm sous en laat dit ’n paar minute stadig prut met die deksel op. Bedien saam met linguine.

No comments :

Post a Comment