Brokkolisop is maklik om te maak en baie voedsaam.
1 uie, opgekap
olyfolie
1 kg brokkoli, in stukke gebreek.
5 ml suiker
1 suurlemoenskyfie
sout en peper
2,5 liter groenteaftreksel
Braai die ui in 'n bietjie olyfolie tot dit begin bruin word.
Voeg die brokkoli, suurlemoen, suiker en aftreksel by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en prut vir 'n uur en geur dan met sout en peper na smaak.
Prut vir nog 5 minute.
Maak fyn in 'n voedselverwerker, gooi terug in pot en verhit weer.
Bedien met croûtons. Jy kan die suurlemoen uitlaat en jou sop bedien met 'n teelepel suurroom in elke porsie.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment