Loading

Braai | Brood | Drankies | Eier | Graan | Groente | Happies | Inlê | Kaas | Koek | Koekies | Nagereg | Pasta | Pluimvee | Slaai | Sop | Souse | Vegetaries | Vis en Seekos | Vleis | Wild | Voorgereg / Entrée | Hoofgereg | Slaai | Nagereg

Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Wyn | Wynwoordeboek | Bier | Die spens

7/02/2008

C Glossarium, Woordelys van kookterme - voedsel en wyn

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

cabernet
'n Druifsoort waarvan wyn gemaak word. Dit is oorspronklik afkomstig van Bordeaux in Frankryk.

calabrese-romanesco
Dié groente is ’n kruising tussen blomkool en broccoli. Dit het ’n effens soet en neutagtige geur. Ander name hiervoor is romanesco, romanesco-blomkool, romanesco-broccoli of minaret.

Caerphilly
'n kaas gemaak in die dorpie Caerphilly in Wallis.

calamari
Calamari is inkvis wat as voedsel voorberei word.

camembert
'n Sagte, romerige kaas met 'n sterk geur.

canapé
’n Happie wat bestaan uit brood met seekos daarop. Ook genoem kanapee.

cantal
'n Kaas gemaak van koeimelk met 'n hoë vetinhoud. Dit het die kleur van ivoor, maar het 'n donker kors. Die kaas het 'n soet neutagtige smaak. Die kaas is ook bekend as Fourme du Cantal. Dit is oorspronklik van die Auvergne-streek in Frankryk. Die kaas word gewoonlik na die maaltyd bedien saam met wyn en vrugte.

Cap Classique
Suid-Afrikaanse vonkelwyn wat op dieselfde wyse geproduseer word as Champagne.

cappucino
Koffie met melk wat skuimerig gemaak is deur stoom wat onder druk is.

Carréde l’est
’n Romerige en net effens gesoute kaas uit Frankryk.

catawba
'n Ligrooi Amerikaanse druifsoort wat teen somerreën bestand is. Die naam is afkomstig van die Catawba-rivier in Carolina, VSA.

cayennepeper
Spaanse peper.

Cebiche
'n Tradisionele Suid-Amerikaanse gereg van vis gemarineer in suurlemoen- of lemmetjiesap. Alternatiewe spellings is Ceviche of Seviche.

Ceviche
'n Tradisionele Suid-Amerikaanse gereg van vis gemarineer in suurlemoen- of lemmetjiesap. Alternatiewe spellings is Cebiche of Seviche.

Champagne
'n vonkelwyn wat in die Champagne-streek in Frankryk geproduseer is. Die wyn uit hierdie streek het nooit 'n vonkel gehad nie tot 'n Benediktynse monnik, Dom Pierre Pérignon, die metode vervolmaak het om die vonkel in die wyn te hou. Dit word hoofsaaklik van pinot noir en chardonnay gemaak. Suid-Afrikaanse vonkelwyn wat op dieselfde wyse geproduseer word word genoem Cap Classique.

champenois
'n Byvoegsel vir enige gereg wat met Champagne of enige ander wyn uit die gelyknamige streek voorberei is.

chardonnay
'n Witdruifsoort uit Boergondië in Frankryk.

Charlemagne
Die beste witwyn gemaak in die Aloxe-Corte kommune van Côte de Beaune in die ooste van Frankryk, meesal genoem Corton-Charlemagne. 'n Deel van die wingerd die eiendom was van die keiser Charlemagne.

chartreuse
Likeur berei van onder andere van lemoeskille, peperment en speserye. Dit is vernoem na die Kartuiserklooster by Grenoble.

chäshappen
Chäshappen is ’n Switserse spesialiteit gemaak van Appenzell, melk, meel, gis en eiers. Die mengsel word met ’n spuit in ’n warm pan gespuit en dan gebraai. Dit word warm bedien saam met ’n slaai.

cheddar
'n Harde kaassoort met 'n pikante smaak. Die naam kom van die dorpie Cheddar in Somerset, Engeland, waar die kaas die eerste keer gemaak is.

chenin blanc
'n Druifsoort waarvan wyn gemaak word. Oorspronklik verbou in die Loire-vallei in Frankryk.

cheshire
Cheshire lyk omtrent soos cheddar, dis net meer krummelrig en het 'n effens suurder smaak. Dit kan tot 'n jaar bewaar word en word beter hoe ouer dit word. Dit is ook bekend as chessa.

chessa
Chessa lyk omtrent soos cheddar, dis net meer krummelrig en het 'n effens suurder smaak. Dit kan tot 'n jaar bewaar word en word beter hoe ouer dit word. Dit is beter bekend as cheshire.

chianti
'n Droë Italiaanse rooiwyn. Die versnit sluit altyd sangiovese in en is ten minste vir drie jaar verouder. Chianti wat gemaak word van druiwe uit die sentrale noordelike gedeelte van Italië waar Chianti oorspronklik vandaan kom en afkomstig van 'n kelder in die streek staan bekend as Chianti Classico. Dit wyn word verkoop in die kenmerkende bottels met 'n abnormale breë onderste gedeelte bedek met 'n stooimandjie genoem fiaschi.

Chinese kaneel
Die gedroogde bas van die Chinese boom, Cinnamomum cassia, wat ’n kaneelagtige smaak het, net skerper. Ook genoem kassie, kassiebas, kassiekaneel, en kassia.

Chinese spinasie
'n Kruid van die geslag Amaranthus.

chipotle
'n Ryp jalapeño wat gerook is.

chop suey
Hierdie Chinese styl dis is eintlik in die Verenigde State van Amerika ontwerp aan die einde van die negentiende eeu deur Chinese immigrante. Dit bestaan uit 'n mengsel van gekapte groente en soms ook repe vleis, veral hoender of vark, word. Dit word in die voedsel se natuurlike sappe gaargemaak en normaalweg saam met rys bedien.

chorizo
Chorizo is die versamelnaam vir verskeie soorte varkwors wat gemaak word in die Iberiese Skiereiland.

choux-deeg
'n Baie sagte deeg wat gespuit of geskep word. resep vir choux

chowder
'n Sop of bredie, meestal van vars vis. Chowder is oorspronklik van die Verenigde State van Amerika.

chow mein
'n Tipiese Chinese gereg bestaande uit gebraaide noedels met vleis, hoender, garnale of groente.

choy sum
Chinese kool met geel-groen blare.

ciabatta
'n Plat Italiaanse brood met 'n ferm struktuur met baie gate en 'n bros kors. Die brood word tradisioneel in 'n houtstoof gebak. Ciabatta beteken pantoffel in Italiaans. 'n Klein ciabatta wat gerooster is word 'n panino genoem. Die meervoud van panino is panini. Omtrent elke streek in Italië het sy eie weergawe van die ciabatta. In Rome is die tradisionele manier om marjolein by te voeg. Wanneer volgraan meel gebruik word staan dit bekend as ciabatta integrale en wanneer melk in die deeg gebruik word is dit ciabatta al latte. resep ->

cognac
Franse brandewyn van Cognac.

consommé
Aftreksel gekook van vleis, pluimvee of vis. 'n Ware consommé is deurskynend en aromaties. Dit word gewoonlik as die eerste gang bedien by aandete en kan warm of koud wees. Dit kan ook garneer word of verdik word. 'n Consommé word verdik met room, eiergeel of araroet.

coq
Frans vir haan. In die kookkuns is dit sinoniem met hoender. Hane wat goeie teelmateriaal was is aan die einde van hul leeftyd gebruik in die bekende coq au vin. Vroeër jare was dit gebruiklik om die kam en niertjies van die haan te gebruik as garnering vir die coq au vin.

cordillon
'n Klein koekie gemaak van soet deeg en gegeur met saffraan. Dit staan ook bekend as brassadeau, brassado en tortillon.

Corton-Charlemagne
Die beste witwyn gemaak in die Aloxe-Corte kommune van Côte de Beaune in die ooste van Frankryk, soms net genoem Charlemagne. 'n Deel van die wingerd die eiendom was van die keiser Charlemagne.

cos lettuce
Blaarslaai met lang, los blare en gekreukelde rante. Ook genoem bindslaai of romaine.

Côte-de-Blaye
Die naam van die rooi- en witwyne wat in die Blayais streek in Frankryk geproduseer word.

court bouillon
Court bouillon is ’n aftreksel vir gebruik met seekos. Dit is ook geskik vir afval en witvleis. resep >>

crème de cassis
'n Donkerrooi likeur gemaak van swartbessies.

crème fraîche
Crème fraîche is 'n soort suurroom, net dikker en minder suur. Crème fraîche het geen bymiddels nie.

Crimini
'n Donker sampioen met 'n ryk smaak. Dit is veral geskik vir gebruik saam met vleis en souse.

croissant
'n Halfmaanvormige broodjie van skilferkors. Dit is oorspronklik van Frankryk.

crouton / croûton
'n Stukkie roosterbrood wat bo-op sop of as garnering gebruik word.
Ook genoem kroton.

cuisine
Metode van voedselvoorbereisding. Dit is 'n Franse woord wat afgelei is van die oorspronklike Latynse woord coquina wat, net soos die Frans kan verwys na "om te kook, kookkuns of kombuis".



Wynwoordeboek

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

No comments :

Post a Comment