Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/02/2010

Bakewell-tert

Vir hierdie tert benodig jy 170 g ryk broskorsdeeg en 'n 17,5 cm deursnee laagkoekpan.

Vulsel:
1 eetlepel aarbeikonfyt
1 eetlepel suurlemoenstremsel
28 g botter
55 g strooisuiker
die gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
55 g fyngemaalde amandels
2 hoogvol eetlepels koekkrummels
1 eier, geklop

Rol jou verkoelde broskorsdeeg uit en voer die pan daarmee uit.
Smeer konfyt oor die deeg.
Smeer nou die stremsel oor.

Room die botter tot sag.
Voeg die suiker en skil by en klop tot lig.
Voeg die geklopte eier geleidelik by.
Roer die amandels, krummels en sap by.

Smeer die amandelmengsel oor die stremsel en bak vir ongeveer 45 minute by 190ºC tot die vulsel gestol en goudbruin is.

No comments :

Post a Comment