Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/14/2010

Gebakte mayonnaise vis / Baked Mayonnaise Fish

1 kg vars vis van jou keuse - verkieslik vis met lekker dik filette - skoongemaak en vel verwyder
2 uie
2 tamaties
1 groen soetrissie
25 ml suurlemoensap
25 ml rissiepoeier
10 ml fyngekapte knoffel
50 ml mayonnaise
5 ml borrie
10 ml olie
sout en peper na smaak
vars koljander

Sny 1 ui, 1 tamatie en helfte van die soetrissie in stukke en maak saam fyn in 'n voedselverwerker.
Plaas die mengsel in 'n kastrol saam met die suurlemoensap, rissiepoeier, knoffel, mayonnaise, borrie en sout en peper.
Kook tot die mengsel begin verdik.
Laat die mengsel afkoel.
Marineer die filette in die mengsel vir 1 uur.

Plaas die filette en mengsel in 'n gesmeerde oondskottel. Bedek met foelie en bak vir 15 minute by 180ºC.

Sny die tamatie, uie en soetrissie in skywe. Plaas op die filette en bak vir nog 15 minute.

Garneer die vis met die vars koljander voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment