Sirkhomo is 'n tradisionele Moslem melkdrankie.
60 ml sago
30 ml semolina
30 ml vermicelli
2 kardamomsade
3 stukke pypkaneel
100 g botter
2 liter melk
'n paar draadjies saffraan
180 ml suiker
125 ml fyngekapte amandels
60 ml gekapte pistasieneute
Verhit die sago, semolina, vermicelli, kardamom en kaneel oor lae hitte, tot die semolina begin pienk raak.
Voeg die botter by braai liggies vir 3 minute.
Voeg die melk, saffraan, suiker en neute by.
Bring stadig tot kookpunt en kook tot die vermicelli sag en die mengsel romerig is.
Indien jy dit meer romerig verkies kan jy 250 ml room byvoeg.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment