Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/15/2010

Viskerrie / Fish Curry

Jy het ag skoon visfilette nodig vir die resep. Kabeljou, geelstert of geelbek is veral geskik vir die resep. Jy kan besluit of jy die filette groot wil hou of in kleiner stukke wil deel.

4 tamaties
10 ml fyngedrukte knoffel
10 ml rissiepoeier
5 ml borrie
5 ml sout
¼ koppie kokosneutmelk
5 kerrieblare
¼ koppie vars koljander, fyngekap
40 ml olie
¾ koppie water
10 ml suurlemoensap

Meng die tamaties, rissiepoeier, borrie, sout, kokosneutmelk, suurlemoensap en water in 'n voedselverwerker tot fyn.

Braai die knoffel en kerrieblare liggies in olie tot die kerrieblare begin verbruin.
Voeg die tamatiemengsel by en prut vir 15 minute - tot dit verdik het.
Voeg die vis by en laat vir 10 minute prut - tot die vis gaar is.

Garneer die vis met die koljander.

Bedien saam met basmati rys.

(die resep is genoeg vir 8 persone)

No comments :

Post a Comment