Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

T - Glossarium, Woordelys van Kookterme - voedsel en wyn

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

T-beenskyf (T-bone steak)
’n Groot biefstuk met ’n kenmerkende T-vormige been.

Tabasco
’n Sterk sous gemaak van rissies, asyn en sjerrie.

table d’hôte [ta-ble dot]
’n Maaltyd wat bestaan uit ’n vaste spyskaart.

tabbouleh
’n Midde-Oosterse slaai van gekraakte koring of bulgurkoring gemeng met fyngekapte groente of pietersielie. (tabouleh)

tabouleh
’n Midde-Oosterse slaai van gekraakte koring of bulgurkoring gemeng met fyngekapte groente of pietersielie. (tabbouleh)

taco
’n Gebraaide tortilla wat in die helfte gevou word en dan gevul word.

tafelappel
’n Appel wat geskik is om rou te eet.

tafeldruiwe
Druiwe wat bedoel is om geëet te word.

tagliatelle
’n Tipe pasta. Dit beteken letterlik "klein opgekapte goedjies". Dit is ’n plat noedel wat 6 mm breed is en gemaak is van eier, meel en water. Die ander vorme van tagliatelle is taglierini en tagliolini. Die klassieke dis Emilia-Romagna word gemaak met tagliatelle. Emilia-Romagna is ook ’n wynstreek met bekende plekke soos Sangiovese, Lambrusco en Albana. Tagliatelle word gewoonlik bedien met ’n vleissous.

taglierini
’n Tipe pasta. Dit is tagliatelle wat net 3 mm breed is.

tagliolini
’n Tipe pasta. Dit is kort tagliatelle.

tahina
’n Smeer gemaak van sesamsaad. (tahini)

tahini
’n Smeer gemaak van sesamsaad. (tahina)

talmousse [tal-moes]
’n Kaastertjie.

tamale
’n Gegeurde Mexikaanse gereg wat bestaan uit ’n mengsel van gekookte vleis, olywe en boontjies. Tradisioneel word dit voorgesit in mielieblare.

tamarille
Die vrug het ’n kenmerkende rooi kleur en ’n kenmerkende smaak. Die skil is oneetbaar. (boomtamaties, tamarynvrug)

tamarinde
’n Boom (Tamarindus indica) uit tropiese Afrika waarvan die peule en sade as spesery gebruik word. (suurdadelboom)
Tamarinde

tamarynsmeer
’n Smeer gemaak van die tamarynvrug.

tamatie (tomato)
’n Plant wat eetbare, sapryke, rooi of geel vrugte dra.

tamatiekelkie (tomato cocktail)
Geblikte tamatiesap.

tamatiepruim (persimmon)
Die Amerikaanse dadelpruim met ’n geel vrug wat ’n besondere soet smaak het. (kakivrug)

tamatiespruimnagereg
’n Mengsel van tamatiepruimpuree met neute en beskuitjies. Dit word yskoud voorgesit.

tamatiesmoor
’n Bredie of sous van fyngekapte tamaties wat saggekook is. Normaalweg word ui saam met dit gekook.

tamatiesous (tomato sauce)
’n Gladde sous gemaak van tamaties. (ketjap)

tambryn
’n Gewilde vis vir die tafel, (Gymnocrotaphys curvideus), ook genoem blouoog. Dit is ook die naam van ’n taaierige, ronde, swart vrug wat veral in kerrie gebruik word.

tameletjie
Gemaalde, platgerolde droëvrugte.

tamis [ta-mie]
Frans vir ’n deursygdoek of sif.

tandwalvis
’n Walvis van die onderorde Odontoceti, met ’n groot aantal keëlvormige tande.

tang (tongs)
Gebruik om kos mee te vat.

tangerien
’n Klein, oranje sitrusvrug met baie pitte. (vasteskilnartjie)

tapioka
Die produk van die wortels van die kassaweplant waarvan klein wit korreltjies gemaak word. Normaalweg gebruik as ’n basis vir poedings, sop of as ’n verdikker.

taramasalata
Taramasalata is ’n Griekse patee gemaak van viseiers. Die hoofbestanddeel, tarama, is gerookte viseiers. Normaalweg is dit eiers van ’n kabeljou of harder.
Taramasalata resep

tarentaal (guinea fowl)
’n Soort wildvoël met ’n digte veredos en ’n kop soos ’n kalkoen. Hulle vleis en eiers word geëet. (poelpetaan, poelpetaat, pêrelhoender)

tarhonya
Hongaarse noedeldeeg soortgelyk aan spaetzle.

taro
Dit lyk soos ’n aartappel, maar die blare kan geëet word soos kool. Dit is gewild in die Wes-Indiese kookkuns.

tarragon
’n Plant, Artemisia dracunculus, met aromatiese blare wat in kos gebruik word. Dit word ook gebruik vir atjar en asyn.

tartare
'n Sous wat hoofsaaklik gebruik word saam met rou vleis. In Suid-Afrika word dit meer saam met vis gebruik. Dit is ook geskik vir kalfshoewe, oesters en pont-neuf aartappels.
Tartare resep

tarte [taart]
Frans vir “tert”.
Tarte Tatin

tartelette [tart-let]
Frans vir “tertjie”.

tartine [tar-tien]
Frans vir ’n sny brood met botter of konfyt.

tasse [tas]
Frans vir “koppie”.

tat soy
Chinese groente soortgelyk aan bok choy, maar smaak meer soos spinasie.

tee
’n Drankie wat gemaak word deur gedroogde blare in kookwater te laat lê.

teelepelvol
Die hoeveelheid wat ’n teelepel bevat – 5 mℓ.

teesakkie
’n Klein poreuse sakkie wat gedroogde teeblare bevat.

teesuiker
Gekristalliseerde suiker. Ook genoem kandy of kandysuiker.

Teewurst
’n Pienkerige Duitse wors gemaak van gemaalde bees- of varkvleis. Dit kan ook as smeer gebruik word.

tef
’n Grassoort van Noordoos-Afrika wat as graan gebruik kan word. Die plant het ook sagte, sappige stingels.

tefteli
Gesmoorde Russiese frikkadelle voorgesit met ’n sous.

tempura
Tempura is ’n Japannese deeg wat gebruik word om groente en vis te diepbraai.
Tempura

tequila
’n Sterk Mexikaanse likeur gemaak van die pulp van die blou agave-plant. Dit ondergaan gewoonlik twee fermentasieprosesse en word in houtvate verouder.

Teriyaki
Teriyake is ’n Japannese dis van vis of vleis wat in sojasous gaargemaak is. Teriyaki-sous is ’n mengsel van sojasous, saké, gemmer en ander geurmiddels. Dit is veral gewild in die Japannese kookkuns.

terrien
’n Bak waarin vleis, pluimvee of patee gaargemaak word. Die woord kan verwys na die bak of die gereg.

tert
’n Tert is ’n oop gebak met ’n onderlaag van deeg en ’n vulsel.

tertdeeg (pastry)
Deeg gemaak met meel, eiers, sout, botter en water.

tertpampoentjie (pattypan squash)
’n Klein groen, geel of wit pampoentjie met ’n neutagtige smaak.

tertring
’n Metaal ring wat gebruik word vir die bak van randterte. Daar word onderskei tussen die Engelse ring en die Franse ring. Die Engelse ring is 2,5 cm hoog en word gewoonlik gebruik vir soutterte. Die Franse ring is 2 cm hoog en word gewoonlik gebruik vir vrugterandterte. Randterte kan ook in 'n losboom-laagkoekpan gemaak word, maar dan moet die tert eers heeltemal koud word voor dit verwyder word, anders breek die kors. ’n Randtert word gewoonlik op 'n vlak bord bedien.

tes
’n Metaaltoestel wat van onder verhit word en gebruik word om kos mee warm te hou.

testikel
Die manlike geslagklier wat die saad voortbring. Veral die van ’n ram, bul of lam word graag geëet. (testis, saadbal, teelbal)

testis
Die manlike geslagklier wat die saad voortbring. Veral die van ’n ram, bul of lam word graag geëet. (testikel, saadbal, teelbal)

tête [tet]
Frans vir “kop”.

The Fat Duck
The Fat Duck restaurant in Bray, Engeland, word beskou as een van die beste restaurante en is ook al aangewys as die wêreld se nommer een per geleentheis. Die restaurant behoort aan die bekende sjef Heston Blumenthal.

The Practice of Cookery
The Practice of Cookery is gewilde en invloedryke kookboek uit die 19de eeu. Die skrywer is ene Mevrou Dalgairns. Die boek se titel het later verander na Mrs Dalgairns’ Cookery. Mevrou Dalgairns was die uitvinder van die bekende Hots-pots.

thé [ty]
Frans vir “tee”.

thon [tôn]
Frans vir “tuna”.

Thousand Island-slaaisous
’n Ligpienk mayonnaise-slaaisous met smaakmiddels soos rissiesous en tamatiesous.

tiemie
Tiemie is ’n houtagtige kruid, Thymus vulgaris, waarvan die jong takkies gebruik word in kos.

Tilsit
’n Middelmatig harde, effens geel, gladde kaas met ’n skerp smaak. (Tilsiter)

Tilsiter
’n Middelmatig harde, effens geel, gladde kaas met ’n skerp smaak. (Tilsit)

timbale [thim-bal]
Frans vir gekapte vleis, vis of groente gekook en in ’n vorm gestol.

Tinta Barocca
’n Rooi druifsoort wat meestal vir port gebruik word.

tjokka
Lees pylinkvis.

tjou-tjou (hotchpotch, hotpot, hodgepodge)
’n Hutspot is ’n mengelmoes van kosse wat saam gestoof word as ’n gereg. (hutspot)

toddie
’n Warm alkoholiese drankie gemaak van water, suiker, speserye en drank soos brandewyn, whisky of rum.

toebroodjie
Twee of meer snye brood met ’n vulsel tussenin.
Bronkors en komkommer toebroodjie

toekos
Dit wat saam met die hoofgereg geëet word.

toeskroei (sear)
Om die buitekant van kos te skroei om die sap binne te hou. (aanbraai)

toffie
Lekkergoed gemaak deur suiker> en botter saam te kook.

toffie-appel
’n Appel op ’n stokkie bedek met ’n verharde suikerstroop.

tofu (bean curd)
’n Sagte Chinese kaas gemaak van die verdikte melk van sojabone. (sojawrongel)

tomate [to-maat]
Frans vir tamatie.

tomate verde
’n Harde groen vrug met ’n papieragtige skil, wat verwyder moet word voor gebruik. Dit word gewoonlik in souse gebruik. (tomatillo, Mexikaanse tamatie)

tomatillo
’n Harde groen vrug met ’n papieragtige skil, wat verwyder moet word voor gebruik. Dit word gewoonlik in souse gebruik. (tomate verde, Mexikaanse tamatie)

tomber à glacé [tom-bê a ghla-sy]
Frans vir die proses om ’n glaseersel te maak.

tong
Die spieragtige smaakorgaan van ’n dier wat geëet kan word. Dit kan ook verwys na 'n soort platvis. (tongvis)
Beestong met rosyntjiesous

tongvis (sole)
’n Soort platvis. Ook genoem tong.
Tongvis à la bordelaise

Torte [tohrt]
’n Ryk, Duitse laagkoek, gewoonlik van meringue en sponskoek en bestrooi met suiker, kaneel en neute.

tortellini [tor-tel-lie-nie]
Tortellini is ’n gevulde vorm van pasta. Die Italiaanse pasta word baie dun uitgerol en in ’n ronde vorm toegevou met vulsel.
Tortellini in Brodo

tortilla
Dun, ronde, ongesuurde brood wat al eeue lank in Mexiko gemaak word. Die eerste resepte dateer terug na 10 000 VC. Die woord kom oorspronklik van die Spaans torta wat "ronde koek" beteken. Let wel dat in Spanje, Suid-Amerika, Puerto Rico en Kuba die woord gebruik word vir enige omelet en nie vir die brood nie.
Hoender en pesto tortillas

tortillon
’n Klein koekie gemaak van soet deeg en gegeur met saffraan. Dit staan ook bekend as brassado, cordillon en brassadeau.

tortue [tir-tu]
Frans ’n seeskilpad.

tostada
’n Diepgebraaide tortilla met ’n verksiedenheid van kossoorte.

tournedos [toer-ne-dô]
Frans vir ’n klein skyf beesvleis gesny van die middel van die filet.

traan
Olie verkry uit sekere seediere.

traanolie
Olie verkry uit sekere seediere.

tragacanth
’n Groentegom gebruik in gebak.

traliewerk (lattice)
’n Patroon wat op ’n randkoek of tert gemaak word. Dun repies deeg wat in ’n oorkruispatroon geplaas word.

tranche [traansj]
Frans vir ’n sny, reep of skyf.

trancher [tro-sje]
Frans vir om te sny.

travailler [tra-wa-je]
Frans vir "werk", in kookkuns "om goed deur te werk".

trek (steep)
Om in ’n vloeistof onder kookpunt te laat week.

trekbrood (pulled bread)
’n Brood wat uit die oon gehaal word daarvoor heeltemal gaar is. ’n Dun lagie van die kors word afgerasper en die brood word uitmekaargetrek. Die stukke word dan in die oon verbruin.

trompetskulp (conch)
’n Eetbare seeskulpdier wat in slaaie en bredies gebruik word. (kinkhoring)

tronçons [tron-sons]
Frans vir dik snye vis.

trosgras (millet)
Graan met ’n moutsmaak.

truffel
’n Eetbare paddastoel.

truffle [truf]
Frans vir truffel.

truite [tru-iet]
Frans vir forel.

tsamma
'n Wilde waatlemoen, Citrullus vulgaris, wat in woestynagtige streke groei. Ook bekend as die samma.

tsoureki
’n Gevlegte, langwerpige Griekse brood wat geverfde eiers bevat. Amandelvlokkies word bo-oor gestrooi.

tuinment (spearmint)
’n Kruiesoort van die kruisement-familie. (groenment)

tuitpan [tube-pan]
’n Pan in die vorm van ’n ring.

tuna
’n Vis met geurige vleis. Die Suid-Afrikaanse spesies sluit in blouvin, geelvin, bonito / katonkel en halfkoord.
Tunaslaai / Tuna Salad

turksvy (prickly pear)
Die geurige vrug van ’n soort kaktu.

Turkse koffie
Sterk swart koffie gemaak van fyngemaalde koffiebone.

Turkse lekkers (Turkish Delight)
Jellie-agtige lekkers wat in blokkies gestol is en bestrooi is met fyn verpoeierde suiker.
Turkse lekkers / Turkish Delight

tutti-frutti
’n Gemengde heelstukkonfyt. Die woord word ook gebruik vir roomys gegeur met vrugte.

tzimmes
’n Joodse gereg van gebakte borsstuk sonder been met gedroogde appelkose, pruimedante, uie, heuning en geelwortels.




Wynwoordeboek

No comments :

Post a Comment