Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/09/2010

SA wynplase eerste op Google Street View

Met die afskop van Google Street View in Suid-Afrika in Junie was ’n paar Suid-Afrikaanse wynplase ook ingesluit - ’n wêreld eerste. Jy kon met Google se 360 grade beelde op straatvlak jou eie toer onderneem deur Bouchard Finlayson, De Rust Landgoed, De Wetshof, Fairview, Jordan Wines, Klein Constantia, Meerlust, Morgenster, Rustenberg, Vilafonte Vineyards en Warwick Wynlandgoed. Nou gaan Google ’n verdere 19 plase by die toer voeg. Binnekort kan jy ook ’n virtuele toer onderneem deur Ataraxia, Boekenhoutskloof, Constantia Glen, Glen Carlou, Groote Post, Hamilton Russell, Iona, Journey's End, Kaapzicht, Le Riché, Mont Du Toit, Mooiplaas, Ormonde Vineyard, Raka, Rickety Bridge, Robertson Winery, Saronsberg, Strandveld, Thelema Mountain Vineyards, Vergelegen, Villiera en Weltevrede.

Gaan na www.google.co.za/streetview vir jou toer.

No comments :

Post a Comment