Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/24/2010

Beesvleis-olywe / Braġjoli

Die inwoners van Malta beweer dat dié lekkerny, daar genoem braġjoli, op hulle eiland ontstaan het.

Goed verouderde beesvleis maak die lekkerste beesvleis-olywe.

Vir hierdie resep het jy ’n kilogram beesvleis nodig (lende of boud). Dit moet nie te dun gesny wees nie.

Stamp die vleis plat met ’n vleishamer en sny dit in groottes soos dit jou pas.

Laat die vleis oornag lê in 250 mℓ rooiwyn, ’n paar naeltjies en ’n paar korrels wonderpeper.

Meng 250 mℓ broodkrummels met 5 mℓ gekapte pietersielie, 10 mℓ sout, peper na smaak, 20 mℓ gerasperde ui, ’n eier en ’n bietjie Worcestersous.

Gooi die sous van die vleis af en bewaar dit.
In elke stuk vleis plaas jy ’n stukkie spek en ’n bietjie vulsel. Steek dit vas met tandestokkies of bind dit vas met tou.

Baie mense geniet dit om die vleis gaar te maak oor die kole, maar dit bly maar nog die lekkerste op die tradisionele manier, geprut in rooiwyn of ’n tamatiesous. Braai eers jou beesvleis-olywe bruin in olie voor jy dit stadig oor lae hitte sag prut in die rooiwyn wat jy eenkant gehou het.

No comments :

Post a Comment