Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/25/2010

Haas / Hare

Hierdie resep is vir 1 kg haasvleis. Sny die vleis in stukke.

Plaas die vleis saam met 50 g repiesspek in ’n kastrol en gooi net genoeg water oor om dit te bedek.
Voeg 6 naeltjies en 12 peperkorrels by en laat 5 uur lank oor baie lae hitte kook. Na 2 ure voeg jy ook 3 lourierblare, 10 mℓ sout, 2,5 mℓ peper en 25 mℓ asyn by. Na 4 ure voeg jy 125 mℓ rooiwyn by.

Die vleis is reg as dit maklik van die bene afkom. Verwyder al die bene en veletjies en maak die vleis fyn met ’n vurk.

Verwyder die naeltjies en peperkorrels voor jy dit bedien.

Die resep kan ook vir tarentaal gebruik word.

No comments :

Post a Comment