500 g dadels, in stukkies gesny
230 g botter
1 eier, geklits
¾ koppie suiker
klapper
Smelt die botter en suiker, maar moet dit nie laat bruin word nie.
Voeg die dadels en eier by.
Roer goed.
Voeg die Mariebeskuitjies by en meng versigtig.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde pan en druk plat tot ongeveer 2,5 cm dik.
Plaas in 'n oond van 180ºC vir 10 minute.
Laat afkoel en sny in repe van 2,5 cm en dan in blokke van 1,5 cm.
Rol in klapper.
Stuur jou resepte na [javascript protected email address]. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment