¾ koppie broodkrummels
2 repies spek, in stukkies gesny
1 ui, fyngekap
1 teelepel fyngekapte pietersielie
½ teelepel gemengde kruie
1 eier, geklits
sout
peper
meel
olie
Sny die hart oop, sny die binneste spiere uit en was goed met lou water.
Meng die broodkrummels, spek, ui, pietersielie, kruie en eier.
Stop die hart met die mengsel en werk dit toe met dik garing.
Strooi sout en peper oor die hart.
Verbruin die hart in olie in ’n kastrol. Maak dan die kastrol toe en plaas in ’n 180ºC oond vir 3 ure.
Stuur jou resepte na [javascript protected email address]. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment