Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/10/2010

Gestoofde dikrib in rooiwyn

Die Italianers hou van hulle dikrib gestoof in rooiwyn. Daar moet reeds die vorige dag begin word met hierdie resep.

Plaas 1½ kg dikrib, die vet afgesny, in ’n bak en gooi ½ bottel rooiwyn oor. Hieroor strooi jy 1 eetlepel tiemie, 1 eetlepel marjolein, 5 lourierblare, 1 gekapte ui, 4 fyngesnyde knoffelhuisies, 2 eetlepels gekapte pietersielie en sout en peper. Laat dit oornag staan.

Smelt 2 eetlepels botter saam met 2 eetlepels olie in ’n kastrol. Vebruin die vleis vinnig hierin. Haal die vleis uit en plaas in ’n kastrol met ’n deksel wat in die oond kan gaan.

In die kastrol waarin die vleis verbruin is braai jy 1 gekerfde ui, en 2 stukke spek (in stukkies gesny) vir 1 minuut. Voeg dit by die vleis.
Voeg ook die skil van ’n lemoen en ½ koppie vleisaftreksel by.
Kook alles vir 3 minute en plaas in ’n 150ºC oond vir 3 uur.

Net voor jy dit bedien sny jy ontpitte, swart olywe by.

No comments :

Post a Comment