Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/06/2010

Poussins / Jong hoendertjies

2 jong hoendertjies
40 g botter
sout
peper
sap van ½ suurlemoen
’n bietjie aftreksel (gebruik die fond blanc ordinaire)
28 g beurre manié

Braai die hoendertjies stadig bruin in die botter.

Lê die hoendertjies plat op hulle rûe en gooi sout, peper en die suurlemoensap oor.
Sit die deksel op en laat 10 minute lank stadig kook.
Breek die hoendertjies op, haal uit die kastrol en hou warm. Dit is nou reg om bedien te word.

Gooi die fond blanc ordinaire in dieselfde kastrol.
Skraap die bodem van die kastrol skoon, sodat die aangebrande oorblyfsels deel van jou sous kan word.
Verdik die sous met die beurre manié.
Gooi die sous oor die hoendertjies.


Bedien poussins saam met ’n slaai en gebraaide aartappels.

No comments :

Post a Comment