Veldkool is op verskeie maniere voorberei deur ons voorouers. Vandag is die plante skaars en word hoofsaaklik in die Wes-Kaap aangetref.
Gebruik die toppe van die plant. Was dit, maak droog en kap dit fyn.
Smoor die veldkool in ’n bietjie botter, met die deksel toe. Die water wat afkook moet weggegooi word sodat dit kan droogkook.
In ’n aparte kastrol smoor jy ’n fyngekapte ui saam met blokkies skaapvleis tot die vleis sag is.
Voeg die veldkool by wanneer die vleis sag is en geur met sout en peper.
Laat die bredie verder smoor tot die geur van die veldkool in die vleis ingetrek het.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/16/2010
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment