Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/17/2010

Appel marmelade / Vrugtebotter

Kookappels, gewas en drooggemaak word in kwarte gesny en die pitte word verwyder.

Smeer 14 g botter aan die binnekant van die kastrol wat jy gaan gebruik.

Sny die appels in skywe en plaas in die kastrol saam met ’n repie suurlemoenskil.
Sny ’n stuk waspapier so groot soos die kastrol se opening en smeer botter daaroor. Bedek die appels met die papier en kook stadig tot die appels sag is. Roer die appels nou en dan.

Wanneer die appels gaar is verwyder dit en vryf deur ’n sif.

Spoel die kastrol uit en plaas die appelmoes terug.
Voeg 110 g suiker by vir elke 560 mℓ appelmoes.
Kook vinnig terwyl jy dit aanhoudend roer.
Kook tot die mengsel so dik soos sagte botter is en daar nie meer enige stroop is nie.
Laat dit koud word voor jy dit gebruik.

No comments :

Post a Comment