Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/16/2010

Jong skaap-afval

Die skaap se kop, pens en pootjies moet geskraap word tot dit spierwit en skoon is. Was dit deeglik agterna en kook in 3 koppies water tot dit begin sag voel.

Voeg 4 rugstringbeentjies en ’n eetlepel sout by. Kook tot sag.

Voeg 20 klein aartappeltjies by en kook stadig tot die aartappels sag is.

Maak ’n mengsel van 2 eetlepels asyn en ’n ½ teelepel kerriepoeier en gooi by die afval. Kook dit goed deur.

Bedien die afval saam met reis of stampmielies.

resep: Johanna Horn

No comments :

Post a Comment