Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/18/2010

Gestopte skaapboud / Stuffed Leg of Lamb

Sny repe spekvleis kleiner en geur dit met 2 teelepels gemaalde koljander, ½ teelepel kerriepoeier, ¼ teelepel neutmuskaat, ¼ teelepel gemaalde naeltjies en 1½ teelepels sout. Gooi ’n hand vol ontpitte rosyn by.

Sny kepe in jou boud en stop elke sny met ’n stukkie spek en ’n rosyntjie. Kook die boud dan tot sag.

Potbraai nou jou boud. Sodra dit begin braai voeg jy stadig 3 eetlepels Moscato wyn by. Die boud is reg sodra dit bruin is.

resep: MC van Niekerk

No comments :

Post a Comment