Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/25/2010

Boeuf à la Flamande

Beesvleis en bier! Wat kan jy nou meer van ’n kombinasie verwag?

Jy het 1,8 kg beesvleis nodig vir die resep. Gebruik dikrib of borsstuk. Sny dit in ongeveer 12 stukke.

1 liter uie, in skywe gesny
50 g botter
5 mℓ olie
30 g meel
500 ml bier
2 teelepels sout
½ teelepel peper
20 mℓ asyn
1 teelepel suiker
2 lourierblare
½ teelepel gedroogde tiemie
40 mℓ vars, gekapte pietersielie

Smelt die botter saam met die olie in ’n swaarboom kastrol.
Braai die uie bruin in die botter.
Verwyder die uie en hou eenkant.

Braai die vleis in die kastrol tot bruin.
Strooi die meel oor en gooi die uie terug saam met die bier, asyn, sout, peper, suiker, lourierblare, tiemie en pietersielie.
Plaas die deksel op en kook stadig vir 3 uur lank. Die vleis behoort sag te wees na 3 uur.

Die resep is genoeg vir 6 persone.

No comments :

Post a Comment