Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/24/2010

Pere in rooiwyn / Poires au vin rouge

6 pere, hou die steel aan, maar haal die blomgedeelte van onder af uit
140 g suiker
140 mℓ water
140 mℓ rooiwyn
repie suurlemoenskil
stukkie pypkaneel
1 teelepel mielieblom
28 g amandels, opgesny en gerooster

Kook die suiker, water, wyn, suurlemoenskil en pypkaneel stadig saam. Wanneer dit kookpunt bereik laat jy dit vir ’n minuut kook en verwyder dan van die hitte.

Plaas die pere in die stroop, bedek en posjeer tot sag. Hou die pere vir ten minste 30 minute in die stroop.

Verwyder die pere en syg die stroop deur.

Meng die mielieblom met ’n bietjie water en roer by die stroop terwyl jy dit verhit tot dit kook. Kook tot die stroop helder is.

Rangskik die pere op ’n opdienbak, skep die stroop oor en strooi die amandels oor.

Bedien koud en apart saam met room of roomys.

No comments :

Post a Comment