Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/30/2010

Bristol-appels

4 appels, in kwarte gesny en die pitte verwyder
3 lemoene, afgeskil en in ronde skywe gesny - hou die skil van 1 lemoen en sny dit in fyn repies
110 g suiker
280 mℓ water
’n reep suurlemoenskil

Verhit die water en suiker stadig saam en roer tot die suiker opgelos is. Geur met die suurlemoenskil.

Sit die appels in die stroop, maak toe en laat prut tot sag. Dit neem omtrent 5 minute.

Laat alles afkoel met die deksel steeds op.

Kook die lemoenskil in water tot sag en spoel dit af onder koue water.

Berei karamel voor deur 85 g suiker en 100 mℓ water saam te verhit en te roer tot die suiker opgelos is. Kook dan vinnig om ’n donkerbruin kleur te kry. Gooi dit dadelik in ’n gesmeerde bakplaat om hard te word. Wanneer dit hard is druk jy dit fyn met ’n koekroller.

Skep die appels in ’n opdienbak, rangskik die lemoen bo-op en gooi net genoeg stroop oor om alles te bedek.
Sprinkel die karamel en die lemoenskil oor.

Verkoel voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment