Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/12/2010

Evaspoeding

3 appels, geskil, die pit verwyder en in dik skywe gesny
2 eetlepels suiker
½ suurlemoen, die gerasperde skil en sap
eetlepel water
90 g botter
90 g strooisuiker
1 eier
140 g bruismeel, gesif
knippie sout
3 eetlepels melk

Plaas die appels in ’n kastrol saam met die suiker, suurlemoensap en water.
Kook tot die appels sag is.
Plaas die appels onder in ’n 15 cm pasteibak.

Room die botter en die suurlemoenskil, voeg die strooisuiker by en klop tot dit lig en donsig is.
Klop die eier by.
Vou die meel en sout in met ’n metaallepel.
Roer die melk by.
Gooi die mengsel oor die appels en bak 40 minute by 190ºC.

Bedien met vla of room.

No comments :

Post a Comment