Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/13/2010

Geurige kotelette

Hierdie is ’n resep waarmee jy ’n braaikompetisie kan wen.

Sny 3 uie in skywe en meng dit goed met 2 eetlepels appelkooskonfyt, ’n eetlepel kerrie, 2 eetlepels suiker en ’n koppie asyn. Die mengsel is genoeg vir ongeveer 1 kilogram kotelette.

Strooi sout en peper oor die kotelette en gooi dan die sous oor. Laat staan dit oornag.

Verwyder die uie van die vleis voor jy dit braai, want dit brand maklik.

resep: ‘Braai’ Pienaar

No comments :

Post a Comment