Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/20/2010

Feestelike Koekstruif / Trifle

1 sponskoek, enige bessiekonfyt, 1 blikkie karamel kondensmelk, gekapte neute (eie keuse, ek gebruik okkerneute), gepreserveerde stukkies gemmer in stroop (kleiner gesny), soetwyn of sjerrie, 1 liter medium dikte vla (koud), ingelegde vrugte (eie keuse, ek gebruik Fruitcocktail), 1 pakkie rooi en 1 pakkie groen jellie, geklopte room, wit sjokolade krulle en rooi glanskersies.

Snydie koek deur, smeer eenkant met konfyt en anderkant met kondensmelk. Vou toe en sny in blokkies. Pak ’n laag koekstukkies in ’n groterige glasbak. Strooi gekapte neute, stukkies gemmer en vrugte oor koek. Sprinkel mildelik met soetwyn. Gooi laag vla bo-oor. Herhaal die lae totdat alles opgebruik is. Maak elke pakkie jellie met net een koppie kookwater aan. Stol in yskas. Sny dan in eweredige groot blokkies en rangskik bo-op koekstruif. Klits room met bietjie suiker tot styf, Spuit room tussen jelliestukkies deur en versier nog verder met sjokolade krulle en glanskersies. Vir ekstra zip gebruik ek soms maraschino kersies met die stropie tussen die lae koek. Die ouens baklei vir die laaste skeppie!

bydrae: Duifie Barnard

No comments :

Post a Comment