500 g maalvleis
sout
peper
knypie neutmuskaat
knypie gemaalde gemmer
2 uie, fyn opgesny
½ groen soetrissie, in blokkies gesny
2 eetlepels olie
1 pakkie tamatiesop, aangemaak volgens die aanwysings
1 blik mielies
1 blik sampioene
180 g spaghetti
cheddar, gerasper
Verhit die olie en braai die uie daarin tot ligbruin.
Voeg die vleis by en braai tot dit begin verkleur.
Roer die speserye by.
Voeg die soetrissie by en dan die tamatiesop.
Voeg nou die spaghetti, mielies en sampioene by.
Kook alles saam vir 15 minute.
Skep die mengsel in ’n oondbak, strooi die cheddar oor en bak tot bruin in ’n 180ºC oond.
resep: Bettie van Zyl
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment