Begin jou braai hiermee. Dis ’n heerlike voorgereg wat saam met brood soos panini of naan bedien word. Jy kan dit ook by die huis onder die roosterelement maak en as voorgereg of happie bedien.
Sny vier blokke (dik) foelie, groot genoeg om jou blokke / sirkels feta mee toe te draai.
Plaas ’n blok / sirkel feta in die middel van elke stuk foelie.
Halveer ’n hand vol kersietamaties en plaas op die stukke feta.
Plaas takkies origanum en tiemie op die tamaties.
Strooi sout en varsgemaalde swartpeper oor.
Drup olyfolie en ’n klein bietjie balsemasyn oor.
Vou die foelie toe en plaas op die braai vir 10 minute.
Hierdie resep is genoeg vir 4 persone
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
12/05/2010
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment