Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/04/2010

Oosterse noedels / Eastern Noodles

Die doel van hierdie resep was om iets smaaklik voor te sit wat vinnig voorberei.

Kook ’n pakkie noedels volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer.

Intussen verhit en meng jy 4 eetlepels grondboontjiebotter in ’n souspan saam met 4 eetlepels sojasous en ’n fyngekapte rissie.
Sodra dit ’n sous begin vorm sit jy ’n pakkie gesnyde sampioene by. Maak die sampioene gaar na smaak, sekere soorte kan jy selfs rou hou.

Strooi sesamesaad oor die sampioene, meng met die noedels en bedien.

Hierdie resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment