Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/06/2010

Swartboontjiedoopsous

Hierdie doopsous is baie soos humus en kan op dieselfde wyse voorgesit word. Gebruik die blikkies swartboontjies wat jy by die supermark kry.

Braai 1 fyngekapte ui, 1 fyngekapte rissie en 1 fyngekapte knoffelhuisie saam in olyfolie tot die ui glaserig raak. Gooi alles saam met ’n blikkie van die boontjies in ’n voedselverwerker, saam met sout en peper na smaak.
Maak fyn en bedien.

No comments :

Post a Comment