Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/03/2024

Hoe om jou eie appelkose te droog

Jy kan kies tussen die son en die oond.

Son
Halveer en ontpit ryp appelkose.
Swawel dit 5 uur lank.
Pak die vrugte op oop stellasies in die son en laat uitdroog.
Draai dit af en toe om.
Moet dit nie snags of as dit reën buite los nie.

Oond
Blansjeer, halveer en ontpit ryp appelkose.
Plaas dit op bakplate en droog dit 6 uur lank in die oond by 60 gradeC.

Om te gebruik week jy 500 g droë appelkose oornag in 1,25 liter water.

3 comments :

  1. Anonymous6/1/12 08:20

    Waar koop ek die swael en hoe werk die swael proses? Baie dankie ek het 20kg appelkose geoes in ons tuin wat ek graag wil droog.

    Dankie
    Lien

    ReplyDelete
  2. Ek wil ook weet hoe werk die swawel vir 5 ure lank! Magdel

    ReplyDelete
  3. Magda Steinmann20/11/22 20:30

    Ek weet nie hoe die swael werk nie maar my pa het dit ook gebruik ek dink dit keer dat dit nie swart word nie. Ek het dit nog nie self gedoen nie maar gaan self probeer. Ek het self nou baie appelkose.

    ReplyDelete