1 pakkie kitspoeding (vanilla)
1 eetlepel gelatien, geweek in ⅓ koppie warm water
2 eetlepels korente
2 eetlepels sultanas
2 eetlepels rosyntjies
⅓ koppie sjerrie
12 kersies, gehalveer
neute
Stowe die korente, sultanas en rosyntjies vir 5 minute in ’n klein bietjie water.
Dreineer en laat afkoel.
Voeg die kersies by die sultanas, korente en rosyntjies en gooi sjerrie oor die mengsel.
Laat oornag staan.
Voeg die kitspoeding by die ingedampte melk en klits vir 1 minuut.
Vou die vrugtemengsel by en dan die gelatien.
Giet die mengsel in ’n klam vorm en plaas in die yskas om te stol.
Versier met neute.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment