125 mℓ suiker
250 mℓ meel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers, geskei
2 eetlepels strooisuiker
310 mℓ melk
3 eetlepels appelkooskonfyt
¼ teelepel sout
Meng die botter goed met ’n houtlepel en voeg die suiker geleidelik by. Klits tot dit lig en romerig is.
Voeg die eiergeel by en klop goed.
Sif die meel en bakpoeier saam.
Sif dit nou by die bottermengsel.
Gooi ’n klein bietjie melk by.
Klop die mengsel goed.
Gooi die mengsel in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute by 180ºC.
Intussen klits jy die eierwit styf.
Haal die poeding uit die oond, gooi die melk oor en smeer die konfyt oor.
Smeer die eierwit oor.
Bak verder tot die eierwit goudbruin is.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment