Charlotte russe is ’n koue nagereg. Dit is ’n 19de eeuse skepping van die beroemde Franse sjef Carème.
Jy het ’n eenvoudige ronde vorm met skuins wande nodig vir die poeding. Hierdie resep maak ongeveer 850 mℓ.
560 mℓ aangemaakte suurlemoenjellie
5 glanskersies
20 stukkies diamantvormige angelika
12 vingerbeskuitjies
Beierse room (die hoeveelheid van dié skakel is presies reg vir hierdie resep)
Daar moet ’n dun lagie (0,5 cm) jellie onder in die vorm gegooi word, terwyl die jellie nog vloeibaar is.
Pak patrone met die kersies en angelika op die gestolde jellielagie in die vorm.
Gooi nog vloeibare jellie in die vorm, net genoeg om die kersies en angelika te bedek.
Laat die orige jellie stol, kap dit op en hou eenkant vir garnering.
Pak die vingerbeskuitjies styf teenmekaar in die rondte om teen die wand van die vorm.
Gooi die Beierse room in die holte van die vorm. Bedek met ’n bord en laat stol in die yskas.
Om die poeding uit die vorm te kry doop jy die bodem in warm water en keer dit dan uit op ’n bord.
Skep die orige jellie rondom die charlotte russe en bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment