Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/26/2011

Vinaigrette

Die basiese vinaigrette is nie net vir slaai nie, maar kan ook gebruik word om vis of hoender te marineer. Jy kan selfs jou gebraaide steak daarin laat lê vir ekstra geur.

2 suurlemoene, sap en gerasperde skil
1 knoffelhuisie, fyngedruk
75 mℓ olyfolie
sout
varsgemaalde swartpeper
knippie suiker

Meng al die bestanddele met ’n draadklitser en laat staan vir minstens 30 minute voor jy dit gebruik.

Opsioneel: Verwyder die knoffel voor jy dit gebruik.

No comments :

Post a Comment