Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/18/2011

Gemmerpoeding

500 mℓ melk
125 mℓ suiker
3 eiers
250 mℓ room, styfgeklits
15 mℓ gelatien
125 mℓ gemmerkonfyt, in klein stukkies gesny
30 mℓ koue water
60 mℓ kookwater

Week die gelatien in 2 eetlepels koue water en los dan op in die kookwater. Laat afkoel.

Klits die eiers en suiker saam.

Bring die melk tot kookpunt en gooi by die eiermengsel. Laat effens afkoel.

Meng die gelatien met die eiermengsel en die konfyt. Wanneer die mengsel begin styf word vou jy die room by.

Spoel jou poedingvorm met koue water uit en gooi die poeding in die nat bak. Laat styf word.

No comments :

Post a Comment