Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/19/2011

Bavarois / Beierse room / Bavarois a la crème

Bavarois is ’n ryk vla wat met room gemeng en met gelatien gestol word.

250 mℓ melk
1 vanillaboontjie of 3 druppels vanillageursel
3 eiergele
15 mℓ gelatien, geweek in 30 mℓ koue water
30 mℓ strooisuiker
250 mℓ room

Skaldeer die melk met die vanillaboontjie en laat ’n rukkie trek. Indien jy vanillageursel gebruik kom dit eers later by.

Room die eiergele en suiker saam tot dit lig in tekstuur is.
Gooi die melk oor die eiermengsel (onthou om die boontjie te verwyder).
Plaas die mengsel in ’n kastrol en roer oor lae hitte tot die vla aan die lepel begin kleef.

Gooi die vla in ’n mengbak en roer die gelatien by tot opgelos. Laat dit afkoel.

Indien jy vanillageursel gebruik gooi jy dit nou by.

Klits die room effens met ’n draadklitser / vurk.

Plaas die vla terug in die kastrol en plaas die kastrol in ’n kom koue water met ysblokkies. Roer die mengsel stadig tot dit egalig dik word.
Vou die geklopte room by.
Gooi die mengsel dadelik in die vorm waarin jy dit gaan bedien. Plaas ’n bord bo-op en hou in die yskas tot dit gestol het.

No comments :

Post a Comment