2 pomelo’s, gehalveer en versigtig ontpit
30 mℓ sjerrie
40 mℓ sagte bruinsuiker
30 g botter
Sny die pomelo se vleis in die rondte los van die skil.
Sny nou die vliesies tussen die huisies los en verwyder die vliesies.
Sprinkel die sjerrie oor die pomelo’s, strooi die suiker oor en plaas ’n stukkie botter op elke helfte.
Plaas onder ’n oondrooster tot die suiker net begin karamelliseer.
Bedien warm.
(hierdie resep is genoeg vir 4 persone)
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment