Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/12/2011

Sneeupoeding

15 mℓ gelatien
70 mℓ koue water
250 mℓ kookwater
250 mℓ suiker
60 mℓ suurlemoensap
die gerasperde skil van ½ suurlemoen
die wit van twee eiers

Week die gelatien in die koue water en roer dan by die kookwater tot dit opgelos is.

Voeg die suiker en suurlemoensap en -skil by die gelatien.
Gooi die mengsel deur ’n sif en los tot dit afgekoel is.

Wanneer die mengsel amper styf is klits jy dit tot dit lig en sponserig is.

Klits die wit van die eiers styf en vou dit by die poeding in.

Spoel ’n glasbak uit met koue water en skep die mengsel in die bak om verder styf te word.

Bedien sneeupoeding saam met vla.

No comments :

Post a Comment