Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/14/2011

Krap

Vars krap is heerlik en kan op ’n verskeidenheid maniere gebruik word. Voor jy kan begin moet jy eers ’n permit kry om krap te mag uithaal. Jy moet ook onthou dat jy tans nie meer as 15 krappe per dag mag uithaal nie.

Om krap te kook het jy 5 liter kookwater nodig in ’n groot kastrol. Gooi 25 mℓ sout by die water.

Wanneer die water vinnig kook tel jy die krappe aan hul agterbene op en gooi kop eerste in die water.
Wanneer die water weer goed kook draai jy dit af tot dit net prut en begin jy tyd hou. Die kooktyd sal afhang van die grootte van die krap. Groot krappe het ongeveer 15 tot 20 minute tyd nodig, terwyl kleiner krappe 8 tot 10 minute lank moet kook. Die kleur van die krap se dop sal verhelder wanneer dit gaar is.

Haal die krappe uit die kookwater en dompel vir ’n paar sekondes in koue water, sodat die kookproses dadelik gestaak word.

Jy kan die krappe dadelik bedien met gesmelte botter of dit laat afkoel en die vleis dan verwyder vir verdere gebruik.

No comments :

Post a Comment