Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/02/2011

Hoender béarnaise

Die mense van die provinsie Béarn in die Franse Pireneë is bekend vir hulle goeie kos en wyn. Hierdie gereg is een van die plaaslike spesialiteite.

1 kg hoender, in porsies gesny
60 g botter
1 ui, in skywe gesny
110 g gerookte ham, in blokkies gesny
8 jong wortels, in kwarte gesny
1 glas witwyn
3 tamaties, geskil, ontpit en in stukkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout
peper
gekapte pietersielie

Braai die hoender stadig in vet tot dit goudbruin is en haal dan uit die pot.

Blansjeer die ui, ham en wortels. Begin met koue water.

Plaas die wortels onder in die pot waarin die hoender gebraai is. Sit die hoender bo-op, gevolg deur die ui en ham.
Gooi die wyn by en geur met sout en peper.
Sit die deksel op en plaas in ’n 180ºC oond vir 1 uur.

Voeg die tamatie en knoffel by die hoender en plaas vir ’n verdere 15 minute in die oond.

Strooi pietersielie oor net voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment