Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/27/2011

Jalapeno vir poppers

’n Jalapeno is ’n medium grootte rissie met ’n warm smaak. Dit is tradisioneel in Mexiko verbou.

(sien ons woordelys vir meer besonderhede)

Wetenskaplikes in Mexiko het nou ’n groter jalapeno geskep in reaksie op ’n groter aanvraag, veral uit die VSA. Amerikaners is baie lief vir poppers, jalapeno’s wat met kaas gevul en dan diepgebraai word. Ook hier in Suid-Afrika raak poppers al hoe meer gewild.

Die nuwe jalapeno word genoem die NuMex Jalmundo. Dié jalapeno is vetter, maar korter as die een waaraan ons gewoond is.

Die saad sal eers volgende jaar beskikbaar wees, maar jy kan dit reeds oor die Internet bestel by The Chile Pepper Institute.

No comments :

Post a Comment