Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/06/2011

Kabinetpoeding

15 mℓ gelatien
½ koppie kookwater
500 mℓ melk
2 eiers
40 mℓ suiker
2,5 ml sout
5 mℓ vanieljegeursel
15 mℓ brandewyn
125 mℓ kersies
60 mℓ gemmerkonfyt, in stukkies gesny
60 mℓ okkerneute, gekap
12 vingerbeskuitjies

Week die gelatien in 2 eetlepels koue water en los dan op in die kookwater. Laat afkoel.

Maak vla van die melk, eiers, suiker en sout.

Voeg die gelatien, brandewyn en vanielje by die vla.

Week die vingerbeskuitjies in ’n halwe koppie vla.

Spoel ’n glasbak uit met koue water.
Pak die vingerbeskuitjies in die rondte om aan die binnekant van die bak.
Meng die kersies, gemmerkonfyt en okkerneute met die vla en gooi in die bak.
Laat die poeding styf word in die yskas.

No comments :

Post a Comment